Oor hierdie boek:
’n Spannende jeugverhaal wat in die Namib-woestyn afspeel. Wat sal jy doen as jy alleen in die woestyn gelos word? Sal jy op een plek bly in die hoop dat ’n soekgeselskap jou uiteindelik sal vind? Of sal jy op jou eie die pad uit probeer kry? Dis die twaalfjarige Leo Knight se dilemma toe hy per ongeluk in die Namib-woestyn agtergelaat word deur die studente wat saam met hom op ’n sterrekyk-ekspedisie is. Maar geen hulp daag op nie, net ’n rondloperhond, wat asof uit die niet verskyn. So begin ’n tog wat Leo se deursettingsvermoë tot die uiterste sal toets en waarvoor hy elke laaste greintjie fisieke en geestelike krag sal moet gebruik. Op hulle pad is daar meer gevaar as waarvan hy ooit kon droom, en hulle kanse op oorlewing lyk al hoe skraler.
ISBN: 9780624052913
Uitgewer: Tafelberg
Datum Vrygestel: September 2011
Formaat: Sagteband, 144pp
Reviews
There are no reviews yet.