Oor die boek:
Lees nou drie van Tania Brink se gewildste tienerliefdesverhale in een lekkerleesliefdesomnibus! My hart is vol graffiti Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ‘n artikel vir ‘n tienertydskrif moet skryf oor graffiti, ontmoet hulle ‘n regte graffitikunstenaar wat hulle aan ‘n opwindende nuwe wêreld bekend stel… My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ‘n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies en een van hulle sal die kans kry om haar op ‘n droom-date te vergesel… Ouens is nie pizzas nie Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ‘n pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!
ISBN: 9780639603957
Uitgewer: Lapa
Datum Vrygestel: Januarie 2020
Formaat: Sagteband, A5, 344pp
Reviews
There are no reviews yet.