Oor hierdie boek:
‘n Vriend is iemand spesiaal, van wie jy baie hou. Iemand wat jou goed laat voel en wat jy kan vertrou. Waar jy ook al kom, loop jy nuwe mense raak. Kyk, dis nou jou kans, jy kan altyd vriende maak! ‘n Vriend is enige iemand vir wie JY omgee! Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit. Die boek wys hoe belangrik dit is om saam met ander mense te wees en dat vriendskappe tussen verskillende mense gevorm kan word. Saam kan ons regtig enige iets doen!
ISBN: 9780799393972
Uitgewer: Lapa
Datum Vrygestel: Julie 2019
Formaat: Sagteband, 27pp
Reviews
There are no reviews yet.