Oor hierdie boek:
ISBN: 9781868902293
Datum Vrygestel: Mei 2020
Formaat: Sagteband, 760pp
Die gewilde Pharos tweetalige skoolwoordeboek (2020, 9de druk) het ‘n splinternuwe oranje baadjie!
Hierdie woordeboek bevat byna 11 000 Afrikaanse en Engelse trefwoorde met vertalings en gebruiksvoorbeelde. Dit is geskik vir leerders in graad 7–12 wie se moedertaal Afrikaans of Engels is, asook vir leerders wat Afrikaans of Engels as addisionele taal aanleer. Derhalwe is trefwoorde, frases en uitdrukkings opgeneem wat leerders die meeste sal teëkom in hulle skoolwerk en die alledaagse lewe.
Die woordeboek is maklik om te gebruik, help met taalkwessies en brei woordeskat uit. Trefwoorde is in vet, blou letters gedruk en weerspieël lettergrepe en hoofklem. Fleksievorme, soos meervouds- en verledetydsvorme, trappe van vergelyking, asook konteksleiding verskyn volledig. Een of meer geskikte vertalings word vir elke trefwoord gegee en volsinne in Afrikaans en Engels illustreer die gebruik van elke betekenis van ’n trefwoord.
Verdere gebruikersvriendelike eienskappe:
- Etikette word tussen hakies gebruik om konteksleiding te verskaf, byvoorbeeld vakspesifieke woorde, figuurlike gebruik en ander taalleiding, byvoorbeeld “meestal in die meervoud”.
- Frases en vaste uitdrukkings wat baie gereeld gebruik word.
- Afkortings is as trefwoorde opgeneem.
- Afleidings van basisvorme met die nuwe woordsoort (as afkorting) word aan die einde van inskrywings gegee.
- Kruisverwysings van een trefwoord na ’n ander waar nodig.
- Handige inligting en taalwenke in kassies word ná sommige trefwoorde wat moontlik probleme kan oplewer verskaf.
’n Bonusbylae met leiding oor woordsoorte, verwarrende woorde, en idiome en uitdrukkings maak dié woordeboek ’n alles-in-een-naslaanbron in die klaskamer én by die huis.
Reviews
There are no reviews yet.