Oor die boek:
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis met die giggelgeel kombuis en vuil matte. Sy wens dit was nie nodig om na hierdie groot buurt te trek nie. Sy wens die ding met haar pa het nooit geeur nie. Sy wens dit was nie nodig om terug te gaan skool toe waar almal haar vreemd aanstaar en agter bakhande fluister nie. Maar wense is nie veel werd nie – tensy jy in sprokies, gelukkige eindes en die towerkrag van verskietende sterre glo. Dan ontmoet Estelle egter die buurseun. Aiden met sy grys oe, kuiltjieglimlag en melkverslaafde kat. Aiden wat graag tatoeeermerke teken en saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
ISBN: 9780799377248
Uitgewer: Lapa
Datum Vrygestel: Januarie 2016
Formaat: Sagteband, A5, 120pp
Reviews
There are no reviews yet.