Drama, humor… en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Lees nóg drie van die gewildste stories in die Eerste Liefde-reeks in hierdie lekker omnibus. In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara vier volle weke by die Turkana-meer spandeer waar haar pa en haar liefste stiefmoekie opgrawings doen en dokumentêre films maak.Maar hoe gaan dit haar help om Brett te behou?
In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief.
Maar hoe vang ’n mens ’n droomou soos Scott? Veral as ’n ervare flirt soos Jasmin in haar pad staan. Iets drasties sal moet gebeur. Soos ’n totale makeover.
In Soene op ’n Suzuki het Lizanne skaars die supervatterige Gerhard afgesê en met Ryno begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook haar niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al weer kom kuier. As haar ma net wil besef sy sal doodgaan as sy Ryno moet verloor. As Gerhard net wil ophou om haar te stalk. As Mandy net skielik wil vet word en puisies kry. As… as… as… Hoe gaan sy die vakansie red?
ISBN: 9780798182706
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum Vrygestel: April 2022
Formaat: Sagteband, A5, 288pp
Reviews
There are no reviews yet.