Oor hierdie boek:
Andy en Terry se ongelooflike boomhuis het nóg 13 splinternuwe, prettige vloere bygekry. Hulle het nou ook ‘n waatlemoen-mokerkamer, ‘n brandermasjien, ‘n wortelkanon en ‘n lewensgroot slangetjies-en-leertjies speletjie. (met regte lere en regte-egte lewende slange!) Daarby is daar ‘n Ninjaslak-opleidingskool en ‘n hoëtegnologiese speuragentskap met die allernuutste tegnologie vir belangrike speurwerk, wat baie nuttig te pas kom, want hulle het ‘n GROOT raaisel om op te los… Meneer Grootneus het spoorloos verdwyn!
Nou ja toe, waarvoor wag jy?
Kom help die vriende om hom te soek!
ISBN: 9781485311249
Uitgewer: Protea Boekhuis
Datum Vrygestel: 2021
Formaat: Sagteband, 335pp
Reviews
There are no reviews yet.