Oor hierdie boek:
Die antwoordstel is gratis aflaaibaar:
Best Books Eksamenhulp Graad 9 Huistaal Taal- en leesoefenboek memorandum
Die gebruikersvriendelike Best Books Eksamenhulp vir Graad 9 Huistaal Taal- en leesoefenboek lê die grondslag vir sukses in die Senior Fase met die oog op die VOO-band met taalopsommings, wat duidelike progressie van elke taalstruktuur en -konvensie volg, soos wat die KABV vereis.
Hierdie oefenboek, met oorgenoeg spasie vir die leerder se antwoorde en aantekeninge, bied die geleentheid om nuwe kennis toe te pas deur middel van taaloefeninge, begrips- en hersieningstoetse en nege konsepvraestelle vir Vraestel 1 (ses) en vir Vraestel 3 (drie).
Elke hoofstuk bevat ’n begrips- en hersieningstoets gebaseer op uittreksels uit die jongste NB-jeugromans soos Veldiep, Brand, Elf dae in Oxford, Die vlerke van naaldekokers, Die lewe volgens Wim Vermaak, Snak, Grilgrypers; visuele tekste soos strokies- en spotprente, advertensies, brosjures, sketse; en mediatekste, ens. Dié tekste is KABV-gerig en bevorder leesbegrip, visuele geletterdheid en woordeskat.
Die boek bevat wenke en raad vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3, en bied die geleentheid om nege konsepvraestelle te beantwoord ter voorbereiding vir die eksamen.
ISBN: 9781776073221
Uitgewer: Best Books
Datum Vrygestel: November 2021
Formaat: Sagteband, 248pp
Reviews
There are no reviews yet.