In hierdie bygewerkte weergawe van die klassieke topverkoper Kweek Kinders met Karakter gebruik Hettie bome as ’n metafoor vir elke mens se besonderse potensiaal om te groei en vrugdraend te wees.
Hierdie gids help jou om jou en elkeen van jou kinders se inherente eienskappe (julle “Boomsoort”) te identifi seer, julle behoeftes te verstaan en vir elkeen ’n plekkie in die son te gee.
Kweek Kinders met Karakter beantwoord vrae soos:
• Is daar Boomsoorte wat beter is as ander?
• Wat kan my persoonlikheid verander?
• Wat as ek of my kinders twee of drie Bome gelyk is?
• Hoe gebruik ek as ouer of opvoeder temperamentkennis in my benadering tot kinders se geestesgesondheid, leerverskille, trauma, seksuele-identiteitvorming, skermverslawing en ander uitdagings?
• Wat het elkeen van my kinders nodig om volwasse te word?
• Hoe verstaan en geniet ek mense wat my teenpool is?
• Watter benadering tot dissipline sal my Boompies buig maar nie breek nie?
Reviews
There are no reviews yet.