Oor die boek:
Ontmoet Sleepslurp die Olifant, Kortkop die Kameelperd en Stompstert die Luiperd, drie diertjies wat baie anders as hul maats lyk en dikwels oor hul ongewone eienskappe gespot word. Die stories van dié drie kreatuurtjies word in versvorm vertel. In elke gedig sien ons hoe hul ongewoondheid aanvanklik vir hulle hartseer, skaamte of honger veroorsaak, maar hulle besef mettertyd dat hierdie “swak” eienskappe hulle juis uniek en interessant maak. Lesertjies leer só om hulself te aanvaar, en ontdek tussendeur sommer ook interessante feite oor die natuur. Vir kinders 3 tot 7 jaar. Ideaal vir voorlees en dramatisering.
ISBN: 9780796153739
Uitgewer: Turksvy
Datum Vrygestel: 2024
Formaat: Sagteband, 39pp
Ouderdom: 3-7 jr
Reviews
There are no reviews yet.