Meer oor die boek:
Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is die van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie storie gaan oor ‘n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ‘n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha is die Zulu woord vir iets op jou rug dra. Deur hulle dinosourusse vir ‘n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra. Hierdie is ‘n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
Lees meer hier…
ISBN: 9780639601489
Uitgewer: Lapa
Datum Vrygestel: 7 Januarie 2020
Formaat: Sagteband, 25pp
Reviews
There are no reviews yet.