Oor hierdie boek:
‘n Eg Suid-Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is terug! Propvol staatmakerresepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Die meer as 55 resepte sluit als in van ou gunstelinge soos hamburgers, tjips en pizza tot ‘n verskeidenheid soetgoed.
Elke resep word stap-vir-stap verduidelik met kleurfoto’s. En jy leer ook:
hoe om ‘n resep te volg,
hoe om te meet,
wat kookterme beteken,
hoe om kombuisgereedskap te gebruik.
Klein kook & geniet sal jou touwys maak in die basiese kuns van losmaak. En as jy eers weet hóé, sal jy enige resep kan baasraak.
ISBN: 9780798176880
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum Vrygestel: Mei 2020
Formaat: Sagteband, 160pp
Reviews
There are no reviews yet.